Skip to content

Tennis: Montjane dring deur na Wimbledon se halfeindronde

# Tennis: Die Suid-Afrikaner Kgothatso Montjane het die halfeindronde van die rolstoel-enkelspel vir vroue op Wimbledon gehaal. Sy het Ksénia Chasteau van Frankryk in drie stelle 3-6, 6-3 en 6-3 verslaan in die kwarteindronde. Montjane speel teen Ziying Wang van China vir ‘n plek in die eindstryd. Die Suid-Afrikaner Connor Doig en sy Indiese maat, Kriish Tyagi, speel later vandag in die kwarteindronde van die seuns-dubbelspel.