Skip to content

Tennis: Medvedev, Tsitsipas en Berrettini deur na die kwarteindronde van die Doebaise Kampioenskap

# Tennis: Die eerste-gekeurde Rus, Daniil Medvedev, is die derde agtereenvolgende jaar deur na die kwarteindronde van die Doebaise Kampioenskap. 2023 se kampioen het die Fransman Giovanni Mpetshi-Perricard uitoorlê. Medvedev kom nou teen die Nederlander Tallon Griekspoor te staan, wat die Fransman Ugo Humbert geklop het om sy 18de toervlak-kwarteindronde te haal. Stefanos Tsitsipas van Griekeland het Karen Khachanov van Rusland verslaan om sy 350ste toervlak-oorwinning te behaal, terwyl die Italianer Matteo Berrettini met die Australiër Christopher O’Connell afgereken het.