Skip to content

Tennis: Medvedev raak ontslae van Zverev om teen Bublik in Halle-eindstryd te speel

# Tennis: Die Rus, Daniil Medvedev het die Duitse gunsteling Alexander Zverev in drie stelle uitgeskakel om die eindronde van die ATP-toernooi in Halle te haal. Die wêreldnommer 11 het in ‘n stryd van net minder as drie uur met 7-6, 6-7, 6-4 geseëvier. Later vanmiddag speel Medvedev in sy eerste eindstryd op die toer sedert Maart 2024, teen Alexander Bublik van Kazakstan. Dit was die 20ste botsing tussen die twee spelers uit dieselfde era, met die 29-jarige Medvedev wat met 13-7 voorloop teen die 28-jarige Zverev .