# Tennis: Die negende gekeurde Daniil Medvedev van Rusland is deur na die tweede ronde van die Monte Carlo-Meesters na hy sy landgenoot Karen Khachanov geklop het. Medevedev se laaste titel was die Rome-Meesters in 2023. Die Italianer Matteo Berrettini het die Argentyn Mariano Navone in twee stelle uitgeskakel en kom nou in ‘n tweede ronde teen die Duitser Alexander Zverev te staan. Gael Monfils van Frankryk het sy indrukwekkende seisoen voortgesit met ‘n oorwinning teen die Hongaar Fabian Marozsan.
Tennis: Medvedev, Berrettini en Monfils deur na die 2de ronde in Monte Carlo