Skip to content

Tennis: Medvedev behaal sy 400ste toervlakoorwinning by die Halle Ope

# Tennis: Die tweemalige finalis Alexander Zverev is deur na die laaste 16 by die Halle Ope in Duitsland. Die tweede gekeurde Duitser het gemaklik met die Amerikaner Marcos Giros in skoon stelle afgereken en sy volgende teenstander is die Italianer Lorenzo Sonego. Die Rus Daniil Medvedev het Quentin Halys van Frankryk geklop vir sy 400ste toervlakoorwinning. Nog ‘n Rus, Karen Khachanov het in skoon stelle me die Belg Zicou Bergs afgereken. Die voormalige wêreld nommer-drie, Stefanos Tstitsipas van Griekeland moes die knie buig teen die Amerikaner Alex Michelsen.