# Tennis: Die mansafdeling van die Italiaanse Ope het vanoggend in Rome begin nadat die vroue-afdeling gister begin het. Die 32 gekeurde spelers het loslootjies in die eerste ronde en sal eers in die ronde van 64 begin speel. Die plaaslike held en wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, neem die sewende keer deel. Hy het verlede jaar in die eindstryd teen sy groot teenstander, Carlos Alcaraz, verloor. Die Spanjaard neem nie vanjaar deel nie nadat hy ‘n gewrigsbesering opgedoen het. Sinner sal na verwagting Vrydag sy eerste wedstryd speel.
Tennis: Mansafdeling van Italiaanse Ope begin vandag in Rome