# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner van Italië, is maklik deur na die tweede ronde van die Monte-Carlo-meesterstoernooi nadat hy die Fransman Ugo Humbert binne ‘n uur uitgeskakel het. Indien hy Sondag die toernooi wen, sal hy Carlos Alcaraz van Spanje as wêreld-nommer-een onttroon. Alcaraz het sy eerste wedstryd teen die Argentyn Sebastian Baez gewen. Die Bulgaarse veteraan Grigor Dimitrov het teen ‘n ander Argentyn, Tomás Etcheverry, verloor, terwyl die Italianer Matteo Berrettini deur is na die ronde van 32 nadat die Spanjaard Roberto Bautista Agut weens ‘n besering onttrek het.
Tennis: Maklike oorwinning vir Sinner in eerste wedstryd in Monte-Carlo