Skip to content

Tennis: Kgothatso Montjane van Suid-Afrika is deur na die halfeindronde van die rolstoel-vrouedubbelspel op Wimbledon

# Tennis: Suid-Afrika se viermalige Grand Slam-kampioen, Kgothatso Montjane, en haar Britse dubbelspel-maat, Lucy Shuker, is deur na die halfeindronde van die rolstoel-vrouedubbelspel op Wimbledon. Hulle het Ksenia Chasteau van Frankryk en die Nederlander Jiske Griffioen geklop. Montjane het Wimbledon se rolstoel-dubbelspel in 2024 gewen saam met haar Japannese spanmaat, Yui Kamiji, terwyl Shuker aan vyf dubbelspel-eindstryde deelgeneem het. Hulle sal met die eerste-gekeurde Yui Kamiji van Japan en Zhenzhen Zhu van China meeding vir ʼn plek in die eindstryd.