# Tennis: Die wêreld-nommer-tien, Elena Rybakina, het Kazakstan ‘n onbetwisbare voorsprong van 2-1 besorg oor die sewemalige Billie Jean Kingbeker-wenner, Australië, in hulle kwalifiseerder in Brisbane. Yulia Putintseva het Maya Joint vroeër geklop in die vroue-spankompetisie. Spanne neem in groepe van drie deel aan die rondomtalie-kompetisie. Die groepwenners sal later vanjaar by die gasvrou, China, en die verdedigende kampioen, Italië, aansluit in die eindtoernooi in Shenzhen. Pole, wat vandag gasvrou is vir Switserland, is sonder die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek, wat verkies het om vir die kleibaanseisoen voor te berei.
Tennis: Kazakstan klop Australië in Billie Jean Kingbeker-kwalifiseerder