# Tennis: Sonay Kartal van Brittanje het die vyfde-gekeurde Elina Svitolina van Oekraïne geklop om haar eerste WTA-een-duisend-halfeindstryd te haal op die Wuhan-ope in China. Die 24-jarige het in skoon stelle gewen en sodoende haar indrukwekkende terugkeer voortgesit nadat ‘n rugbesering haar ses-maande lank op die kantlyn gehou het. Kartal, wat 170ste op die wêreldranglys is, het nou drie gekeurde spelers na mekaar geklop. Sy speel môre teen Jelena Ostapenko van Letland vir ‘n plek in die eindstryd.
Tennis: Kartal verras Svitolina om die halfeindronde in Wuhan te haal