# Tennis: Die Davisbeker-wedstryd tussen Kanada en Israel sal die naweek in Halifax weens veiligheidsredes in ʼn geslote ruimte sonder toeskouers gespeel word. Dit volg nadat meer as 400 Kanadese atlete en akademici Tennis Kanada in ʼn brief aangeraai het om die geleentheid af te stel weens Israel se optrede in Gaza en die Wesoewer. Tennis Kanada sê volgens intelligensie van plaaslike owerhede en nasionale sekuriteitsagentskappe is daar ʼn groot risiko dat die geleentheid ontwrig kan word. Die wenner sal deurdring na die 2026 Davisbeker-kwalifiseerwedstryde.
Tennis: Kanada en Israel se Davisbeker-kragmeting sal weens kommer oor veiligheid in geslote ruimte plaasvind