Skip to content

Tennis: Jasmine Paolini pak Coco Gauff in Italiaanse Ope-eindstryd

# Tennis: Die wêreld-nommer-vyf, Jasmine Paolini, speel môre teen nommer-drie, Coco Gauff van Amerika, in die eindstryd van die Italiaanse Ope met die hoop om die eerste plaaslike vroue-kampioen in 40-jaar te word. Paolini het die Amerikaner Peyton Stearns verslaan om die derde Italiaanse vrou in die Ope-era te word wat die eindstryd haal. Gauff het Zheng Qinwen van China geklop. In die mansafdeling is die topgekeurde Italianer Jannik Sinner in die halfeindronde nadat hy Casper Ruud van Noorweë geklop het en speel volgende teen die Amerikaner Tommy Paul.