# Tennis: Die halfeindronde van die Billie Jean Kingbeker in China het aangebreek. Die verdedigende kampioen, Italië, en Oekraïne sal mekaar vandag pak na kwarteind-oorwinnings oor onderskeidelik die gasvroue en Spanje. Môre speel Amerika teen Groot-Brittanje. Amerika het Kazakstan 2-1 uitgeskakel. Emma Navarro het Yulia Putintseva geklop en Elena Rybakina het die telling gelykop gemaak deur Jessica Pegula te verslaan, waarna Pegula en Taylor Townsend vir Rybakina en Putintseva verslaan het in die beslissende dubbelswedstryd. Groot-Brittanje het albei sy enkelwedstryde teen Japan gewen. Die eindstryd word Sondag gespeel.
Tennis: Italië en Oekraïne, Amerika en Groot-Brittanje speel in die halfeindronde van die Billie Jean Kingbeker