# Tennis: Die Amerikaanse Ope stel vanjaar ‘n nuwe formaat bekend vir die gemengde dubbelspel en ‘n hele aantal groot name het hulle reeds daartoe verbind. Dit sal oor twee dae plaasvind voor die hooftoernooi op 24 Augustus begin. Die organiseerders hoop dit sal meer hoëprofiel-enkelspelers lok. Onder die inskrywings wat reeds ontvang is, is die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, wat saam met die Brit Emma Raducanu gaan speel, die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, en Novak Djokovic van Serwië.
Tennis: Groot name verbind tot nuwe formaat gemengde dubbelspel by Amerikaanse Ope