Skip to content

Tennis: Groot name in aksie vandag in mans-halfeindronde by Franse Ope

# Tennis: Dis vandag mans-halfeindrondes by die Franse Ope in Parys. Die wêreld nommer twee en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, speel tans verwoestende tennis en is die gunsteling om Italië se agtste gekeurde Lorenzo Musetti in die eerste halfeindstryd te klop. In die ander wedstryd speel die 38-jarige Novak Djokovic in sy 51ste Grand Slam-halfeindstryd teen nog ‘n Italianer, die wêreld se topspeler Jannik Sinner. Sinner en Alcaraz is albei na 2000 gebore en met sewe groot titels tussen hulle, is hulle nou op koers om mekaar in Parys te takel.