# Tennis: ‘n Voormalige Wimbledon-naaswenner, Geni Bouchard, gaan later die maand uittree ná haar tuistoernooi, die Kanadese Ope. Die 31-jarige het ‘n promotorskeuse vir die hooftrekking aanvaar. Sy het in 2014 teen Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek verloor in Wimbledon se eindstryd en die halfeindrondes van die Australiese en die Franse Ope gehaal. Bouchard het haar land in 2023 gehelp om haar eerste Billie Jean King-beker te verower. Die toernooidirekteur van die Kanadese Ope, Valerie Tetreault, sê sy was ‘n baanbreker wat plaaslke tennis tot ‘n nuwe hoogtepunt gevoer het.
Tennis: Genie Bouchard gaan na Kanadese Ope uittree