Skip to content

Tennis: Gauff wys staal om by Sabalenka aan te sluit in derde ronde van Italiaanse Ope

# Tennis: Coco Gauff het ‘n moontlike nederlaag op vanjaar se Italiaanse Ope afgeweer deur terug te baklei van ‘n agterstand van een stel om sodoende die kwalifiseerder Victoria Mboko met 3-6, 6-2, 6-1 te klop. Die wêreld se nommer drie sal in die derde ronde in Rome teen Magda Linette speel. Vroeër het die wêreld se voorste speler, Aryna Sabalenka, Rusland se Anastasia Potapova in net meer as ‘n uur met 6-2, 6-2 geklop. Sabalenka speel volgende teen Sofia Kenin nadat die Amerikaner Anastasia Pavlyuchenkova in skoon stelle geklop het met 6-3, 6-0. Die 27-jarige Sabalenka het in al vier haar laaste toernooie die eindstryd gehaal en in Madrid en Miami gewen.