Skip to content

Tennis: Gauff veg terug om Sabalenka in Franse Ope-finaal te klop

# Tennis: Coco Gauff het gister met ‘n agterstand van ‘n stel teruggeveg om die wêreld-nommereen Aryna Sabalenka vir die tweede keer in ‘n Grand Slam-eindstryd te klop en die Franse Ope in te palm. Die tweede-gekeurde Amerikaner het met 6-7, 6-2, 6-4 geseëvier en haar tweede major titel opgeraap nadat sy ook Sabalenka by die 2023 Amerikaanse Ope verslaan het. Die 21-jarige Gauff, het voordeel getrek uit Sabalenka se 70 ongedwonge foute en na die tyd erken sy het nie gedink sy sou die Belarus kon keer nie. Sy is nou 6-5 voor in hul tweestryd.