Skip to content

Tennis: Fritz verslaan Zverev om eerste titel van die jaar te wen

#Tennis: Taylor Fritz het Alexander Zverev gister in Stuttgard in skoon stelle verslaan en sy eerste ATP-titel van die seisoen gewen. Die Amerikaner het ‘n maklike oorwinning van 6-3, 7-6 behaal ten spyte van ‘n reënonderbreking vroeg in die tweede stel. Fritz het nou sy laaste vyf wedstryde teen Zverev gewen en opgeskuif na die vierde plek op die wêreldranglys, net agter die Duitser. Zverev wag nog op die eerste grasbaantitel van sy loopbaan en het nog nooit vantevore die kwarteindstryd van Wimbledon gehaal nie. Die toernooi begin op 30 Junie in Londen.