# Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz het die verdediging van sy Franse Ope-titel begin met ‘n oorwinning oor die Italiaanse kwalifiseerder, Giulio Zeppieri, om die tweede ronde te haal. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, het met die Fransman Arthur Rinderknech afgereken terwyl 2021 se naaswenner, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, die Argentyn Tomas Martin Etcheverry verslaan het. In die vroueafdeling het die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, die Slowaak, Rebecca Sramková geklop. Die Brit Emma Raducanu en die Amerikaner Madison Keys het ook hul wedstryde gewen.
Tennis: Franse Ope se verdedigende kampioene Alcaraz en Swiatek deur na tweede ronde