# Tennis: Die tweede gekeurde Duitser, Alexander Zverev, is vir die negende keer deur na die Madrid Ope se laaste 16 nadat hy die Fransman, Terence Atmane, verslaan het. Die Belg, Alexander Blockx, het die wêreld-nommer-vyf, Felix Auger-Aliassime van Kanada geklop terwyl die Rus, Daniil Medvedev, met Nicolai Budkov Kjaer van Noorweë afgereken het. In die vroue-afdeling het die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus die Japannees, Naomi Osaka, afgeransel om die kwarteindronde te haal. Die derde gekeurde Amerikaner, Coco Gauff, is deur die Tsjeg, Linda Noskova, verslaan.
Tennis: Felix Auger-Aliassime en Coco Gauff uitgeskakel by Madrid Ope