Skip to content

Tennis: Eala word eerste vrou van die Filippyne om die wêreld se top-100 te haal

# Tennis: Die 19-jarige Alexandra Eala sal die eerste vrou van die Filippyne onder die wêreld se top-100 word na haar briljante vertoning in die Miami Ope in die VSA. Sy het die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek van Pole, in die kwarteindronde verslaan na oorwinnings oor 2017 se Franse Ope-kampioen, Jelena Ostapenko van Letland, en die Australiese Ope-kampioen, Madison Keys van Amerika. Eala het slegs die tweede promotorskeuse geword om drie Grand Slam-wenners in ‘n toervlak-toernooi te verslaan. Sy speel volgende teen die vierde-gekeurde Amerikaner Jessica Pegula.