# Tennis: Die boonste gedeelte van die manswêreldranglys het heelwat verander na die Franse Ope. Kampioen Carlos Alcaraz van Spanje bly tweede na sy oorwinning oor nommer-een, Jannik Sinner van Italië, en die Duitser Alexander Zverev bly derde. Jack Draper van Brittanje het verbeter na vierde, gevolg deur Novak Djokovic van Serwië en die Italianer Lorenzo Musetti. Die Amerikaner Taylor Fritz het drie plekke teruggesak na sewende, maar sy landgenoot Tommy Paul het vier verbeter na agtste. Holger Rune van Denemarke en Australiër Alex de Minaur voltooi die top-tien.
Tennis: Draper, Paul die groot wenners op wêreldranglys na die Franse Ope