# Tennis: Die sewemalige kampioen Novak Djokovic sal later vandag teen sy landgenoot Miomir Kecmanovic in die derde ronde by Wimbledon te staan kom. Sedert hy die Amerikaanse Ope in 2023 gewen het, het die Serwiër telkens ‘n rekord 25ste groot toernooi oorwinning nouelings misgeloop. Die voormalige wêreldnommer een het sedertdien een Grand Slam-eindstryd en drie halfeindrondes verloor, maar hy sê hy is op sy gemak op die hoofbaan by Wimbledon. Djokovic het al drie sy vorige wedtryde teen Kecmanovic gewen, insluitend een by Wimbledon in 2022.
Tennis: Djokovic vol vertroue vir Wimbledon-titelstryd