Skip to content

Tennis: Djokovic spring op wennoot weg op Franse Ope, maar Fritz en Raducanu val uit

# Tennis: Die derde-gekeurde Novak Djokovic het sy poging om ʼn rekord 25ste Grand Slam-titel te buit goed begin met ʼn oorwinning in die eerste ronde van die Franse Ope. Die Serwiër het die Fransman Giovanni Mpetshi Perricard geklop. Die sewende-gekeurde Taylor Fritz het verloor teen sy Amerikaanse landgenoot, Nishesh Basavareddy. Alexander Zverev van Duitsland het sy veldtog afgeskop met ʼn sege oor ‌Benjamin Bonz van Frankryk. In die vroue-afdeling het die Britse nommer een, Emma Raducanu, in die eerste ronde teen die Argentyn Solana Sierra verloor.