# Tennis: Novak Djokovic het sy 100ste oorwinning by Wimbledon behaal toe hy sy Serwiese Davisbeker-spanmaat Miomir Kecmanovic oortuigend geklop het. Hy is steeds op koers vir ‘n rekord 25ste Grand Slam-titel. Djokovic se 100 oorwinnings plaas hom op die hakke van Roger Federer met 105 oorwinnings en die negemalige wenner Martina Navratilova se rekord van 120. Djokovic speel teen die Australiese 11de gekeurde Alex de Minaur in die vierde ronde. Hy sal waarskynlik albei die wêreld se twee voorste spelers, Jannik Sinner en die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz, moet klop as hy die trofee op 13 Julie wil lig.
Tennis: Djokovic op 100 nie uit nie en op pad na vierde ronde by Wimbledon