# Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic het sonder rede uit die Italiaanse Ope onttrek. Die Serwiër het nog elke seisoen sedert 2007 in Rome deelgeneem en die toernooi ses keer gewen. Djokovic wat nie op sy beste is nie, is onlangs vroeg reeds uit twee kleibaantoernooie, Monte Carlo en Madrid geboender. Die Franse Ope, wat die wêreld se nommer-vyf al drie keer gewen het, is die tweede Grand Slam en begin op 26 Mei.
Tennis: Djokovic onttrek van volgende week se Italiaanse Ope