# Tennis: Novak Djokovic sê hy moes alles uithaal om ‘n moeilike eerste stel te wen en sy mede-veteraan Marin Cilic met 7-6, 6-4 te klop. Hy os daarmee deur na die derde ronde van die Sjanghai-meesters. Die 38-jarige Serwiër mik na ‘n rekord- vyfde titel in Sjanghai, waar hy luid toegejuig is deur ‘n stadion vol Chinese ondersteuners. Die gesamentlike ouderdom van Djokovic en Cilic is 75 jaar en 139 dae, die meeste ooit tussen twee teenstanders in ‘n ATP Meesters 1000-wedstryd.
Tennis: Djokovic klop Cilic net-net by die Shanghai-meesters