# Tennis: Die kampioen van 24-Grand Slam-toernooie, Novak Djokovic, sê sy begeerte en passie bly steeds sterk, hoewel sy motivering nie meer dieselfde is sonder sy legendariese teenstanders, Rafael Nadal van Spanje en Roger Federer van Switserland, nie. Die 38-jarige Serwiër het nog nie vanjaar ’n enkele toernooi gewen nie, maar sê hy wil steeds meeding vir die groot pryse. Djokovic speel hierdie week in die Madridse Ope in Spanje om momentum op te bou vir die Franse Ope wat die 25ste van volgende maand in Parys begin.
Tennis: Djokovic erken sy motivering is nie dieselfde sonder Rafa en Roger nie