Skip to content

Tennis: Djokovic en Sabalenka in Amerikaanse Ope se gemengde dubbelspel

# Tennis: Die vroue-wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, en die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, gaan saamspan in die Amerikaanse Ope se gemengde dubbelspel wat op 25 Augustus in New York begin. Verlede jaar se naaswenners, Iga Swiatek en Casper Ruud, het ook ingeskryf, saam met Elena Rybakina en Taylor Fritz, en die Japannese Naomi Osaka en Kei Nishikori. Die ses spanne met die beste gekombineerde enkelspelranglys-posisies sal outomaties vir die hooftrekking ingeskryf word. Agt spanne sal as promotorskeuses deelneem, terwyl die laaste twee plekke deur kwalifisering bepaal sal word.