# Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, het na die derde ronde van die Franse Ope deurgedring met ‘n oorwinning oor die Fransman Valentin Royer. Die Serwiër speel volgende teen Joao Fonseca van Brasilië, wat die Kroaat Dino Prizmic verslaan het. Alexander Zverev van Duitsland het maklik met die Tsjeg Tomas Machac afgereken. In die vroueloting het Yuliia Starodubtseva van Oekraïne die wêreld-nommer-twee, Elena Rybakina van Kazakhstan, uitgeskakel. Iga Swiatek van Pole het die derde ronde bereik met ‘n oorwinning oor die Tsjeg Sara Bejlek.
Tennis: Djokovic deur na derde ronde van Franse Ope en Rybakina uitgeskakel