Skip to content

Tennis: Djokovic bevestig deelname aan ATP-jaareindtoernooi

# Tennis: Die wêreldnommer-vyf Novak Djokovic het bevestig dat hy gaan deelneem aan die ATP-jaareindtoernooi, wat Sondag in Turyn, Italië, begin. Daar was kommer oor die fiksheid van die 38-jarige Serwiër, wat in Oktober laas in die Sjanghai-meesterstoernooi in China gespeel het, waar hy in die halfeindronde uitgeskakel is. Hy het toe die Paryse Meesterstoernooi oorgeslaan. Die top agt spelers ter wêreld sal in die rondomtalietoernooi speel, met die Kanadees Felix Auger-Aliassime en die plaaslike speler Lorenzo Musetti wat sake moet uitspook vir die laaste kwalifiserende plek.