# Tennis: Die sesmalige Chinese Ope-kampioen, Novak Djokovic, het sy eerste verskyning by die geleentheid sedert 2015 met ʼn oorwinning afgeskop. Die Serwiër het Nuno Borges van Portugal met 6-3, 7-6 geklop om sy onoorwonne rekord in Beijing te behou. Djokovic en China se promotorskeuse, Bu Yunchaokete, wat met die Argentyn, Juan Manuel Cerundolo, afgereken het, spook sake in die tweede ronde uit. In die vroue-afdeling het die Britse nommer-een, Katie Boulter, haar veldtog begin met ʼn sege oor die Japannese kwalifiseerder, Mai Hontama.
Tennis: Djokovic begin Chinese Ope-veldtog met ’n oorwinning