# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, pak die Kanadees Felix Auger-Aliassime in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope. Die Italianer het sy landgenoot Lorenzo Musetti in drie stelle verslaan. Auger-Aliassime het die Australiër Alex de Minaur geklop om die eerste keer sedert 2021 die halfeindronde van ‘n Grand Slam-toernooi te haal. Die tweemalige vroue-kampioen, Naomi Osaka van Japan, het die Tsjeg Karolina Muchova in skoon stelle verslaan. Sy speel in die voorlaaste ronde teen die Amerikaner Amanda Anisimova, wat Iga Swiatek van Pole uitgeskakel het.
Tennis: Dit is Sinner teen Auger-Aliassime en Osaka teen Anisimova in die VSA Ope halfeindstryd