Skip to content

Tennis: Dis Swiatek teen Sabalenka vir ‘n plek in eindstryd van Franse Ope

# Tennis: Iga Swiatek het na die halfeindronde by Roland Garros deurgedring na ‘n oorwinning in skoonstelle oor die 13de gekeurde Elina Svitolina. Swiatek het die voormalige wêreldnommer-drie met 6-1, 7-5 geklop en probeer om ‘n rekord van 102 jaar te ewenaar deur vier agtereenvolgende Franse Ope-titels te wen. Die vyfde gekeurde Pool sal teen die wêreldnommer-een Aryna Sabalenka van Belarus in die halfeindronde te staan kom nadat Sabelenka vroeër die Olimpiese kampioen Zheng Qinwen in die kwarteindronde geklop het. Die twee het nog nooit op Roland Garros ontmoet nie, maar Swiatek het hulle laaste twee wedstryde op klei gewen.