# Tennis: Dis die wêreld-nommer een Jannik Sinner teen Carlos Alcaraz in die eindstryd van die Italiaanse Ope nadat hy moes terugveg om die Amerikaner Tommy Paul 1-6, 6-0, 6-3 te klop. Dit is die Italianer se eerste toernooi na sy drie-maande skorsing vir die gebruik van verbode middels. In die ander halfeindstryd het die Spanjaard Alcaraz in skoon stelle met Lorenzo Musetti afgereken en daarmee alle hoop vir ‘n Italiaanse eindstryd verydel. Die wêreld-nommer vyf, Jasmine Paolini, kom vandag teen Coco Gauff in die vroue-eindstryd te staan en hoop om die eerste Italiaanse kampioen in 40 jaar te word.
Tennis: Dis Alcaraz teen Sinner in eindstryd van Italiaanse Ope