Skip to content

Tennis: Dimitrov vier terugkeer ná besering met oorwinning op Paryse Meesters

# Tennis: 2023 se naaswenner, Grigor Dimitrov, het sy terugkeer tot die ATP-toer na ‘n afwesigheid van 14 weke weens ʼn besering gevier met ʼn oorwinning in skoon stelle in die eerste ronde van die Paryse Meesterstoernooi. Die Bulgaar het die Fransman Giovanni Mpetshi Perricard verslaan. 2018 se kampioen, Karen Khachanov van Rusland, het die tweede ronde gehaal met ʼn maklike sege oor die Amerikaner Ethan Quinn. Die Brit Cameron Norrie speel in die tweede ronde teen Carlos Alcaraz van Spanje nadat hy met die Argentyn Sebastian Baez afgereken het.