# Tennis: Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner van Italië is deur na die kwarteindronde by Wimbledon nadat die Bulgaar, Grigor Dimitrov, weens ʼn besering moes onttrek terwyl hy met 6-3, 7-5, 2-2 voorgeloop het. Die Serwiër, Novak Djokovic, het die Australiër, Alex de Minaur, naelskraaps geklop om sy 16de Wimbledon-kwarteindronde te bereik. Die Amerikaner Ben Shelton en Flavio Cobolli van Italië is ook deur na die laaste agt. Sinner sê dis jammer die wedstryd het sleg geëindig:
Tennis: Dimitrov onttrek weens besering terwyl hy voorloop teen Sinner [KLANK]
ENG SinnerOnDimitrov