# Tennis: Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, is deur na die Franse Ope se kwarteindronde nadat hy die Amerikaner, Ben Shelton, geklop het. Die Spanjaard kom teen nog ʼn Amerikaner, Tommy Paul, te staan wat die Australiër, Alexei Popyrin, afgeransel het terwyl die Italianer, Lorenzo Musetti, met die Deen, Holger Rune, afgereken het. In die vroueafdeling het die verdedigende kampioen van Pole, Iga Swiatek, die laaste agt gehaal toe sy Elena Rybakina van Kazakstan geklop het. Die topgekeurde Aryna Sabalenka van Belarus het die Amerikaner, Amanda Anisimova, verslaan.
Tennis: Die verdedigende kampioene Alcaraz en Swiatek is deur na die Franse Ope se kwarteindronde