# Tennis: Die sesde Tsjeggiese vrouekampioen word vandag by Wimbledon gekroon wanneer Karolina Muchová en Linda Nosková teen mekaar in die eindstyd op die hoofbaan speel. Die bekendste Tsjeggiese kampioen, Martina Navratilova, het die titel nege keer tussen 1978 en 1990 gewen en is nou ‘n Amerikaanse burger. Sederdien is Jana Novotná in 1998 gekroon, Petra Kvitova het die 2011- en 2014-toernooie gewen, Markéta Vondrousova is in 2023 as kampioen gekroon en Barbora Krejciková het die jaar daarna gewen.
Tennis: Die sesde Tsjeggiese vrouekampioen sal vandag by Wimbledon gekroon word