# Tennis: Die Grand Slam-kampioene Juan Martin del Potro, Ashleigh Barty en Svetlana Kuznetsova is op die Internasionale Tennis-heldesaal se lys kandidate vir die Klas van 2027. Del Potro het in sy uitnemende loopbaan 22 toersege-titels gewen, insluitend sy Amerikaanse Ope-triomf in 2009. Barty, ʼn voormalige wêreld-nommer-een, spog met vier Grand Slam-titels: drie in enkelspel en een in dubbelspel. Kuznetsova is die tweede keer op die lys. Die Rus het tydens haar loopbaan van 15 jaar 18 WTA-toertitels opgeraap, insluitend twee Grand Slam-enkelspeltitels.
Tennis: Del Potro, Barty en Kuznetsova op lys van moontlike Heldesaal-kandidate vir 2027