# Tennis: Die Australiër Alex de Minaur het deurgedring na die kwarteindronde van die Sjanghai Meesters nadat hy Portugal se Nuno Borges met 7-5, 6-2 geklop het. De Minaur hoop om sy tweede titel van die jaar te wen, en is naas Novak Djokovic, die hoogste gekeurde speler wat oorbly na ‘n reeks hoëprofielspelers uit is. Arthur Rinderknech van Frankryk het sy eerste Meesters 1000-kwarteindronde gehaal nadat hy die Tsjeg Jiri Lehecka met 6-3, 7-6 geklop het.
Tennis: De Minaur, Rinderknech in kwarteindronde van Shanghai Meesters