# Tennis: Die Brit Cameron Norrie het die elfde gekeurde Rus, Daniil Medvedev, verslaan om deur te dring na die Franse Ope se tweede ronde. Die driemalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië, het die Amerikaner, Mackenzie McDonald, gemaklik geklop terwyl die Rus, Andrey Rublev, met Suid-Afrika se Lloyd Harris afgereken het. In die vroueafdeling is Coco Gauff van Amerika deur na die tweede ronde nadat sy Olivia Gadecki van Australië geklop het, terwyl Magdalena Fręch van Pole die Tunisiër, Ons Jabeur, afgeransel het.
Tennis: Daniil Medvedev, Lloyd Harris en Ons Jabeur uitgeskakel by Franse Ope