# Tennis: Die Rus Daniil Medvedev is met 750-duisend-rand beboet vir sy woede-uitbarsting tydens sy eerste ronde-nederlaag teen Benjamin Bonzi van Frankryk op die Amerikaanse Ope. 2021 se kampioen het kwaad geword toe ‘n fotograaf op die baan gestap het terwyl hy in die derde stel wedstrydpunt moes afweer en het na die wedstryd sy raket stukkend geslaan. Medvedev is met 530-duisend-rand beboet vir onsportiewe gedrag en nog 220-duisend rand vir raketmisbruik. Dit beteken dat hy byna 40-persent van sy prysgeld verbeur.
Tennis: Daniil Medvedev kry stywe boete oor sy woede- uitbarsting in eerste ronde van Amerikaanse Ope