Tennis: Die Amerikaner, Coco Gauff, het haar plek in die laaste 32 bespreek in ‘n poging om die China Ope vir ‘n tweede agtereenvolgende keer te wen met ‘n gemaklike, 6-4, 6-0 oorwinning oor Kamilla Rakhimova van Rusland. Die wêreldnommer-drie speel in haar volgende wedstryd teen Leylah Fernandez van Kanada, wat Maria Sakkari van Griekeland 6-2, 6-0 oorrompel het. Gauff se grootste teenstander is die wêreldnommer-twee, Iga Swiatek van Pole, wat pas ‘n titel in Seoul ingepalm het. Die wêreldnommer-een, Aryna Sabalenka speel nie in die toernooi nie as gevolg van ‘n besering.
Tennis: Coco Gauff gemaklik deur na volgende ronde by Chinese Ope