# Tennis: Maja Chwalinksa van Pole het ‘n ongelooflike 93 wêreldrangleer-posisies tot 21ste opgeskiet na sy die eindstryd van die Franse Ope gehaal het. Die 24-jarige is die eerste kwalifiseerder ooit om Roland Garros se titelstryd te bereik. Sy het in skoon stelle teen die Rus Mirra Andreeva verloor, wat van agste tot sesde posisie opskuif. Aryna Sabalenka van Belarus is steeds eerste, gevolg deur Elena Rybakina van Kazakstan en nog ‘n Pool, Iga Swiatek. Die Amerikaners Jessica Pegula en Amanda Anisimova voltooi die top-vyf.
Tennis: Chwalinksa skiet 93 posisies op na sy Franse Ope-eindstryd haal