# Tennis: Die prysgeld van die Charleston Ope-vrouetoernooi in Amerika gaan van volgende jaar gelyk wees aan dié van manstoernooie op dieselfde vlak. Die plaaslike speler Jessica Pegula het Sondag die toernooi gewen toe sy haar landgenoot Sophia Kenin in die eindstryd verslaan het. Die organiseerders van die WTA 500-toernooi het beloof om die prysgeld van 19-miljoen-rand te verdubbel na meer as 38-miljoen. Die toernooi se eienaar, Ben Navarro, sê hy glo in die bevordering van ‘n omgewing waar alle atlete beloon word vir hul talent en toewyding.
Tennis: Charleston Ope gaan prysgeld volgende jaar verdubbel