# Tennis: Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, is die derde agtereenvolgende jaar deur na die Franse Ope se halfeindronde. Die 22-jarige Spanjaard het Tommy Paul van Amerika afgeransel. Hy is die jongste speler wat sewe halfeindrondes in mans-enkelspel Grand Slams haal sedert sy landgenoot, Rafael Nadal, dit in 2008 reggekry het. Alcaraz en Lorenzo Musetti sal sake uitspook vir ʼn plek in die eindstryd nadat die Italianer met Frances Tiafoe van Amerika afgereken het om sy eerste halfeindronde by hierdie kleibaan-major te bereik.
Tennis: Carlos Alcaraz takel Lorenzo Musetti in Franse Ope se halfeindronde