# Tennis: Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, keer na vier maande op die kantlyn terug in die Amerikaanse Ope. Die 23-jarige Spanjaard het in April sy regter-pols beseer tydens die Barcelona-ope. Hy kon nie sy titel op die Franse Ope verdedig nie en het ook Wimbledon misgeloop. Alcaraz sou hierdie maand in die Cincinnati-ope terugkeer, maar het onttrek. Die sewemalige Grand Slam-kampioen gaan probeer om sy derde Amerikaanse Ope-titel te wen. Die toernooi begin op 30 Augustus in New York.
Tennis: Carlos Alcaraz keer in Amerikaanse Ope terug na polsbesering