# Tennis: Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner het gister bevestig dat hy nie aan die laaste Grand Slam van die seisoen – die Amerikaanse Ope – sal deelneem nie, weens ‘n regterkniebesering. Hy sê hy was die afgelope paar dae terug op die baan in Monte Carlo en het besef hy het meer tyd nodig om van sy besering te herstel. Intussen het die voormalige wêreld-nommer-vier, Holger Rune, wat sedert Oktober weens ‘n Achilles-hakbesering buite aksie is, ook sy onttrekking aan die Amerikaanse Ope bevestig.
Tennis: Beseerde Sinner en Rune onttrek aan Amerikaanse Ope